29 Feb 2016
February 29, 2016

KKNK 2016

Activities, Events, Oudtshoorn

Oudtshoorn is besig om sy vere reg te skud vir vanjaar se KKNK en behalwe dat dit die fees se 22ste bestaansjaar is, beloof dit om weereens propvol onvergeetlike Klein Karoo ervaringe te wees.

Buffelsdrift Game Lodge bied ook twee produksies aan tydens die fees.

1. Olifantontbyt

olifant ontbyt (1)

Dit is die vyfde jaar wat hierdie gewilde produksie tydens die fees aangebied gaan word. Ons gaste kan net nie uitgepraat raak oor die wonderlike ervaring nie en daardie stywe olifantdrukkie laat veral ‘n baie spesiale plekkie in almal se harte.

Kom geniet ’n wonderlike ervaring en vars Karoo-ontbyt saam met Malaika, Bulelo en Jabari, die olifante op Buffesldrift. Gaste sal ook die geleentheid kry om persoonlike interaksie met die diere te hê en foto’s te neem.

R250 // 60 min.
Tye: 24 – 30 Maart: 10:00
Bespreek deur Computicket

2. Bossafari Wyn-En-Tappas-Toer

KKNK_2015_Bossafari_wynentappastoer_Buffelsdrift

Verseker ‘n moet-doen op jou KKNK lysie. Hierdie produksie het sy debuut gemaak tydens KKNK 2014 en die kaartjies verkoop reeds soos soetkoek!

Geniet ’n wildrit met ’n verskil: Nie net sal jy verskeie diersoorte sien nie, maar ons gaan by ’n paar asemrowende uitkykpunte stop waar van die voorste wyne uit die Klein Karoo en tapas bedien sal word.

R250 // 180 min.
Tye: 24 – 30 Maart: 15:00
LW: Afrikaans en Engels
Geen o/18 (Drank gaan bedien word.)
Bespreek deur Computicket

Nou toe! So sien ons uit om julle in ons dorp te verwelkom en om die fees saam met almal te geniet. Ons tel die slapies af.


It is time for the annual KKNK – one of our national arts & culture festivals. The Klein Karoo Nasionale Kunstefees (Klein Karoo National Festival) is hosted in Oudtshoorn and this year it will mark 22 years of festival delight. Sure to deliver all kinds of exciting shows and activities true to the Klein Karoo vibe.

Buffesldrift Game Lodge is presenting two productions at the KKNK 2016:

1. Elephant Breakfast
An amazing experience with our three elephants as the main characters, paired with a hearty brunch and a view of the majestic Swartberg mountains.

2. Bush Safari Wine & Tappas Tour
Guests will be escorted by open game viewing vehicles to each of the three lookout points on our game reserve. Three of the best local wine makers will present a wine tasting with delicious tappas to compliment the taste experience.

Bookings for each of these productions can be made through Computicket.

These activities will only be presented for the duration of the festival, 24 – 30 March 2016